DURBAN. – ’n Verpleegster (49) wat ’n huurmoordenaar R40 000 betaal het om haar gewelddadige kêrel te vermoor, is 7 jaar tronkstraf opgelê.
Volgens Nokhona Mpanza, verpleegster, was sy talle kere tydens die verhouding deur die oorledene aangerand. Mpanza sê sy het tot ’n klag teen hom gaan lê, maar die polisie het egter nie teen die oorledene opgetree as hy die bevel oortree het nie.
Sy het huurmoordenaars gereël
Mpanza sê aan IOL sy het hom elke keer vergewe. Mpanza het hom toe eendag met ’n ander vrou betrap en hom gedwing om haar te verlaat. Hy het na bewering aan haar gesê die enigste manier hoe sy van hom ontslae gaan raak, is wanneer sy hom doodmaak.
Dis toe dat sy met dié idee na ’n niggie van haar gegaan het. Sy het huurmoordenaars gereël en haar kêrel is toe in sy motor doodgeskiet. Mpanza het skuldig gepleit en ook erken dat sy die huurmoordenaars R40 000 betaal het.



