Vin Diesel het soos die res van die wêreld ook deel van TikTok geword.
Vin Diesel het ’n kot video saam met die akteur en TikTokker, Nife, geplaas waar hulle op ’n Suid-Afrikaanse lied, Vulindlela deur Brenda Fassie dans. “SA vibes with my Nigerian sister @itsjustnifee. Back story on my IG! #AllLoveAlways,” skryf Diesel by die video.
Die video begin waar Nife dans terwyl Diesel op sy kneë staan. Daarna verlaat Nife die video en Diesel wys sy danspassies. Dié video wat hy ’n week gelede geplaas het, is reeds 3.5 miljoen keer gekyk. Hy het al 407 000 aanhangers op die app. Hy het nog net die een video geplaas.



