Ma kry 25 jaar tronkstraf na sy haar baba verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – ’n Jong ma is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar babadogtertjie oraal verkrag het en ’n video daarvan vir R300 verkoop het.

Die ma (23) is Maandag in die Pretoria-streekhof vir verkragting en verspreiding van kinderpornografie gevonnis nadat sy skuld erken het.

Die babadogtertjie was 18 maande oud toe die voorval in 2018 gebeur het. Die ma het die kind oraal verkrag terwyl haar suster ’n video daarvan gemaak het en die ma het dit toe vir ’n man gestuur wat R300 daarvoor betaal het.