Ramaphosa na verwagting dié week aan die woord

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting hierdie week die nasie toespreek ná daar vandeesweek voorstelle gemaak is dat die land weer na ‘n strenger vlak van inperking moet beweeg.

President Ramaphosa is tydens ’n mondelingse vrae-en-antwoordsessie deur LP’s gevra om op die gerugte oor die moontlike strenger inperking kommentaar te lewer.

“Ons sien wel kommerwekkende tekens. Spesifiek omdat Suid-Afrikaners nie almal die regulasies soos hande was, maskers dra en sosiale distansiëring handhaaf nie,” het hy gesê.

Hy het verder gesê hy het ’n verslag oor die pandemie gekry en dat hy ná hy dit bestudeer het, Suid-Afrikaners sal toespreek oor wat verder sal gebeur.