Pulmonoloog glo sonder kwalifikasies in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ’n Vrou wat as ’n pulmonoloog gepraktiseer het, het na bewering geen kwalifikasies nie.

Priscilla Sekhonyana, polisiewoordvoerder, sê Sonnet Mari Brand is by een van haar praktyke in Springs in hegtenis geneem. Sekhonyana sê daar word beweer Brand het ook voorskrifte vir skedulemedikasie uigedeel.

Brand het Maandag in die hof verskyn. Haar borgaansoek is geweier.