SA gaan nié nou na vlak drie skuif, sê Ramaphosa

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners hoef nié bekommerd te wees dat die land nou weer na ‘n strenger vlak van inperking sal terugbeweeg nie, het president Cyril Ramaphosa Dinsdagmiddag gesê.

President Ramaphosa is gistermiddag tydens ‘n mondelingse vrae-en-antwoordsessie deur LP’s gevra om op die gerugte oor die moontlike strenger inperking kommentaar te lewer.

“Ons sien wel kommerwekkende tekens. Spesifiek omdat Suid-Afrikaners nie almal die regulasies soos hande was, maskers dra en sosiale distansiëring handhaaf nie,” het hy gesê.

Hy het verder gesê hy het ‘n verslag oor die pandemie gekry en dat hy ná hy dit bestudeer het, Suid-Afrikaners sal toespreek oor wat verder sal gebeur.

“Ek wil nie hê ons mense moet paniekerig raak nie. Gerugte dat ons na vlak drie sal beweeg, is nie waar nie,” sê hy. “As dit sou gebeur, sal ek die een wees wat die land sal adviseer oor wat gaan gebeur.”