Baba langs ouers se bed deur hond doodgebyt

Deel hierdie storie / Share this story

VIRGINIA. – Toe die ouers van ’n twee maande oue baba in die nag wakker geskrik, was hulle midde-in ’n toneel van verwoesting. Hulle Duitse herdershond was besig om hulle baba, wat langs hulle bed geslaap het, aan te val.

Die ouers het in die oggendure van 27 Oktober 2020 van ’n geskarrel wakker geskrik. Die pa het die wonde aan die baba gesien en onmiddellik die hond doodgeskiet.

Die polisie het bevestig die baba is deur die hond gebyt en is as gevolg daarvan oorlede.

Volgens die ouers was die hond al vir agt jaar deel van hulle familie en nooit gewelddadig nie.