NOORD-KAAP. – Die polisie in die Noord-Kaap is op soek na inligting na ’n 35-jarige man Vrydagaand drie keer in Galeshewe, Kimberley, geskiet is.
Ernstige beserings opgedoen
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die man het by sy vriendin in Galeshewe gekuier toe hy drie keer geskiet is.
Hy het ernstige beserings opgedoen en is na ’n plaaslike hospitaal geneem.
Die motief vir die aanval is tans onbekend en ‘n ondersoek duur voort. ’n Verdagte (32) is Sondag in hegtenis geneem.
Enigiemand met inligting kan kapt. Jeffrey Kanakang by 071 686 1360 skakel.



