Die Covid-19-infeksiesyfer in Suid-Afrika het sedert gister met 891 meer geword. Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 19 008.
Daar is in totaal 716 759 positiewe gevalle van die virus aangemeld, waarvan 646 721 persone van die virus genees is, sê dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 4 709 403 toetse vir die virus doen.



