Ma dood, 17 beseer toe hooi-pretrit skeefloop

Deel hierdie storie / Share this story

ILLINOIS. – Amy Swinderman (32) is dood en meer as ’n dosyn ander mense is in die hospitaal opgeneem nadat ’n hooi-pretrit op die platteland van Illinois in ’n nagmerrie ontaard het.

’n Groep van meer as 20 mense het Saterdag in Hancock County op vierkantige hooibale op ’n sleepwa met ’n dubbel as, gery wat deur ’n John Deere-trekkerwa getrek is. Die bestuurder het beheer oor die trekkerwa verloor en dit het aan regterkant van die pad afgehardloop, toe dit omgeslaan en beide die bestuurder, die 41-jarige Wayne York, en verskeie passasiers afgegooi het.

Volgens die polisie is 17 mense, wat tussen 1 en 43 jaar oud is, beseer en na ‘n plaaslike hospitaal gebring.