WES-KAAP. – ’n Man is in hegtenis geneem nadat ’n ag maande oue baba op Wolseley in haar pa se arms doodgeskiet is.
Pa gewond en in die hospitaal
Na bewering het vier mans die huis binnegestorm en skote begin afvuur. Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die ma en pa was tydens die voorval tuis. Volgens Rwexana is die pa gewond en in die hospitaal opgeneem.
Die polisie het ’n man (34) in hegtenis geneem.



