Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 2 055 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 708 359 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 607 883 toetse vir die virus doen. Daar is 641 706 persone van die virus genees en 18 741 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



