Horner-moordverdagtes hoor vandag oor borg

Deel hierdie storie / Share this story

SENEKAL – Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaleta verskyn vandag weer in die Senekal-landdroshof waar hulle sal hoor of hulle borgaansoek goedgekeur is of nie.

Die twee verdagtes is vroeër die maand in hegtenis geneem vir die moord op die voorman, Brendin Horner (21). Horner se lyk is op 2 Oktober aan ’n paal vasgemaak, gevind.

Intussen het dit aan die lig gekom dat daar drie verskillende bloedmonsters in Horner se bakkie gevind is. Een van die monsters behoort glo nie aan en van die verdagtes wat tans in aanhouding is nie.