#Dronfieldbrande

Deel hierdie storie / Share this story

Die ggemeenskap staan saam om die brande in die Dronfield-omgewing te bestry.

Rose Cortes sê sy het sopas met die hoofbrandweerbeampte gepraat. Daar is vir nou genoeg water, maar die wind waai en die vuur versprei in die Boshof-rigting.

“Ons voel egter steeds dat ons eerder te veel water as te min nodig gaan hê. Baie dankie vir almal se bydrae sover.”

Die Phoenix-hotel is in hierdie stadium waarheen water geneem kan word en waar dit opgetel word.

Enigiemand wat miskien water het wat hulle kan skenk of met die vervoer daarvan wil help, kan vir Joanita van Wyk by 065 808 4599 skakel.

Hancor-boerdery het intussen water en sap by die brande gaan aflewer. Ds. Danilo Stols van die APK-Kerk het die boorgat van sy kerk ook beskikbaar gestel. Talle mense regoor Kimberley het hulle privaat boorgate en selfs swembaddens se water beskikbaar gestel.