Baba-gorilla met ’n keisersnee in die wêreld gebring

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA – ’n Span veeartse en dokters by die Franklin Park-dieretuin het op 14 Oktober ’n manlike baba-gorilla met ’n keisersnee in die wêreld gebring.

Kiki, ’n 39-jarige Western Lowland-gorilla, het kort voor die kleintjie, wat haar vyfde baba is, se geboorte bloeding ervaar. Veeartse het bekommerd geraak, ’n sonar gedoen en haar met placenta previa gediagnoseer.

’n Multidissiplinêre span, wat uit veeartse en dokters bestaan, het toe ’n keisersnee op Kiki uitgevoer.

Die babatjie is op 14 Oktober gebore en het 2,8 kg geweeg. Sy naam is nog nie bekendgemaak nie.