KIMBERLEY – Die polisie vra die gemeenskap om te help om ‘n man, tussen die ouderdom van 30 en 35 jaar, ongeveer 1,7 m lank en skraal, te identifiseer. Hy het kort, swart hare met bruin oë. Hy het ‘n goue ketting aan en ‘n kruis met ‘n slang wat daarom gedraai is, is op sy regterarm getatoeëer.
‘n 20-jarige dame gegryp
Op Woensdag 16 September 2020 om 15:00 was die verdagte in ‘n wit Toyota Corolla saam met nog twee onbekende mans toe hulle ‘n U-draai by Lenmed-hospitaal maak. Twee van die mans het uitgeklim en ‘n 20-jarige dame gegryp. Hulle het haar deursoek en haar kontant gevat, waarna sy haarself bevry het.
Enigiemand met inligting
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte sers. Booysen by 079 496 5917 of kapt. Jansen by 084 958 4883 kontak.



