September 24, 2021

Hoëspoed-jaagtog na gewapende roof by kerk

KIMBERLEY. – Ses verdagtes is vandag na ’n gewapende roof by ’n kerk in Jacobsdal net buitekant Kimberley op die N12 na Kaapstad in hegtenis geneem. Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê ’n hoëspoed-jaagtog het tussen die verdagtes en die polisie uitgebreek.

“Die verdagtes is op die N12-Suid naby Kimberley tot stilstand gebring. Daar is beslag gelê op twee voertuie waarmee die verdagtes gevlug het, ’n wit Mercedes Benz, ’n silwergrys Polo Vivo, insluitend ’n vuurwapen en ander gereedskap wat bygedra het tot ’n poging tot gewapende roof.”

Die verdagtes is aan die Jacobsdal-polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *