Boshof-brande: Vlamme onder beheer

Deel hierdie storie / Share this story

Die brande in die Hertzogville- en Boshof-omgewing wat so ver as drie plase strek, is nou geblus en onder beheer.

Lerise Esterhuizen, een van die groepie mense wat na die plase is om die vure te help blus, sê daar is hier en daar nog klein vlammetjies, maar die grootste deel van die brand is geblus.

Daar is nou nog ‘n groep mense wat op die plase gaan deurnag om te verseker die veld vat nie weer vlam nie.

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1139978243083867/