Armand Carstens roudiens

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Armand Carstens se roudiens sal vir vriende en familie van ver aanlyn uitgesaai word.

Armand, ‘n skolier van Hoërskool Hugenote, was saam met ‘n vriend op pad huis toe, toe hy en die vriend in ‘n ongeluk betrokke was.

Armand, ‘n skolier van Hoërskool Hugenote, is in die vroeë oggendure Vrydag in Wellington oorlede nadat die bakkie waarin hy en ’n vriend gery het, gerol het. Die bakkie het weer op sy wiele tot stilstand gekom. Armand het in die passasiersitplek gesit en is op slag dood.

Armand is die jongste seun van Cassie Carstens, voormalige uitvoerende bestuurder van die Boland Rugbyunie. Self was Armand ’n kranige rugbyspeler, voordat ’n hoofbesering hom verhoed het om verder rugby te speel.

Rudi Ferreira, familievriend en woordvoerder vir die familie, sê die ondersteuning van familie en vriende vir die Carstens-gesin is oorweldigend.

“Cassie en Matty waardeer almal se boodskappe geweldig. Hulle het nog nie by al die boodskappe uitgekom nie, maar wil graag almal bedank.”

Die roudiens sal Woensdag om 11:00 by die APK-kerk in McDougalstraat in Kimberley gehou word.

Ferreira sê as gevolg van Covid-regulasies, mag daar slegs 250 mense by die roudiens wees. As jy dit self wil bywoon, stuur asb. ‘n Whatsapp aan Ferreira by 071 686 7200 met jou naam en van.

Die diens sal vir familie en vriende van ver uitgesaai word. “Ons sal ‘n skakel skep waar almal wie dit graag wil bywoon, dit kan volg.”

As jy graag die diens van ver af wil volg, vul jou besonderhede hier in en jy sal ‘n e-pos met ‘n skakel ontvang.

Subscribe

* indicates required

Armand word oorleef deur sy ouers, Cassie en Matty, sy ouer broer Casey en sy suster, Bianca.