VF Plus dien klag in teen Malema oor ‘Kill the Boer’-lied

Deel hierdie storie / Share this story

Die Vryheidsfront Plus het ‘n klag by die MRK ingedien teen Julius Malema en die EFF-ondersteuners na die sing van die ‘Kill the Boer’-lied op Senekal.

“Die VF Plus veroordeel EFF-ondersteuners se gebruik van die “Kill the Boer”-lied vandag op Senekal ten sterkste en het ‘n klag daaroor teen die betrokke ondersteuners en teen Julius Malema, leier van die EFF, ingedien by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, op 16 Oktober.

“Hierdie soort gedrag is onaanvaarbaar. Plaasmoorde is ‘n realiteit en dit is hierdie soort onverantwoordelike uitlatings en aanhitsing wat sonder enige twyfel ‘n rol speel in plaasaanvalle en -moorde.”