’n Hittegolf met aanhoudende hoë temperature sal tot Dinsdag 20 Oktober 2020 in Noordwes en die Vrystaat sowel as die oostelike dele van die Noord-Kaap voortduur.
Die hittegolf sal van Sondag tot Dinsdag ses provinsies beïnvloed.
Hier is ’n paar wenke om die hitte te hanteer:
- Bly gehidreer, drink genoeg water;
- Sorg dat jou troeteldiere genoeg water het;
- Moet nooit troeteldiere of kinders alleen in ’n voertuig los nie;
- Beperk jou fisieke buite-aktiwiteite tussen 11:00 en 15:00;
- Smeer sonskerm aan indien jy buite gaan wees;
- Dra koel klere;
- Kyk na bejaardes.



