October 28, 2020

Rugby-items word opgeraap

SUID-AFRIKA. – Die grootste aanlyn rugby- en sportsmemorabiliaveiling is tans aan die gang en sluit vanaand om 20:00.

Dié veiling word ten bate van Care 4 Kings, ’n fondsinsamelingsinisiatief deur voormalige Springbokrugbyspeler, Braam van Straaten, gehou.

Verstom oor belangstelling

Van Straaten sê hy is verstom oor die belangstelling in die veiling. “Ons het nog net ’n paar uur oor van die veiling, maar reeds is amper al die items op gebie. Daar is slegs 10 items oor wat nog geen bod op het nie. Dit is verstommend en ek is so dankbaar vir ondersteuners wat regtig uit hulle pad gaan om die inisiatief by te staan.”

Grootste bod nou op R12 000

’n All Blacks-trui wat geteken is deur Dan Carter staan tans op R7000, ’n geraamde foto van Dan Carter staan tans op R2800,  All Black Legends 2011 IRB Wêreldbekerwenners foto staan op R4000, drie Springbok rugbytruie teen R7000, Mannetjies Roux se oorspronklike Springbok-baadjie staan op R12 000, een van slegs 3000 Springboktruie in die wêreld met die logos vanaf 1906 – sluit ’n sertifikaat in, staan op R5000, ’n replika van Piet Visagie se Springbokbaadjie begin by R10 000, die trui van Mzwandile Wanky Stick, se wêreldbekertrui in 2019 staan op R5600, Braam van Straaten se eie Springbokbaadjie staan op R10 000, ’n replika van Bryan Habana se trui staan op R5500.

Oorspronklike items

Ander items sluit in ’n Bloubul-trui, Vrystaat-trui, ’n pragtige Path to Glory-tekening, ’n geraamde Springbok-trui van 2004, ’n Blou Bul-legendes foto, WP Rugby-trui van 2007, drie Springbok-rugbytruie, Griekwas as die Currie Cup-kampioene in 1970, ’n skets van Jacques Fourie, Mannetjies Roux, Japie Mulder en Danie Gerber – geteken deur al vier, oorspronklike Currie Cup Griekwa-trui van 1970, ’n vintage leerrugbybal wat jy nie weer gaan kry nie, Super Springbok-vintage bal, Robbie Kempson se oorspronklike Sharks-trui van die Currie Cup finaal in 1996, Griekwas se Vodacom-finaal rugbytrui van Braam van Straaten (2005), ’n foto van die drie-nasie kampioenskappe in 2004, geteken deur Jake White, en vele meer.

Spesiale bokshandskoen van Brian Mitchel

Een van die baie spesiale items is die bokshandskoen van Brian Mitchel Golden, wat deur hom geteken is, staan op R10 000. Wayde van Niekerk se wêreldrekord geraam en geteken staan op R3000. ’n Geraamde foto van Gary Player, die “Black Knight”, tesame met al vyf majors wat hy gewen het en ’n eksklusiewe bottel wyn staan op R3600.

As jy een van dié eksklusiewe items soek, gaan na www.care4kings.co.za en bie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *