Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 888 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 693 359 positiewe gevalle in die land.

Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 418 418 toetse vir die virus doen. Daar is 624 659 persone van die virus genees en 17 863 sterftes.

Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.