Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 575 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 692 471 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 407 441 toetse vir die virus doen. Daar is 623 765 persone van die virus genees en 17 780 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



