Horner-moordsaak: Verdagte al 16 keer in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Polisieminister Bheki Cele sê een van die verdagtes in die Brendin Horner-moordsaak is al 16 keer in hegtenis geneem.

“Ek sal graag wil weet hoe iemand wat al soveel keer gearresteer is, weer die kans gegun word om so iets te doen,” sê hy.

Die grumoord het skokgolwe deur die land gestuur en ‘n spontane optog is by die Senekal-landdroshof gehou. ‘n Boer wat in verband met dié optog in hegtenis geneem is, verskyn ook môre in die hof.

Cele beplan ook om Horner se familie môre te besoek.