13 ton mensehare gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ondersoek word gedoen na die oorsprong en aard van bedryf nadat 13 ton mensehare in Amerika aangekom het.

Daar word beweer die hare kom uit Xinjiang in China waar daar glo Uyghur-minderheidsgroepe in kampe bly en dwangarbeid plaasvind.

Verskeie mense wat uit die kampe ontsnap het, insluitend vroue, berig hulle is gemartel, seksueel aangerand en gedwing om ‘n sterilisasieprosedure te ondergaan. Volgens CNN ontken China alle aantygings.