Vyf namekaar doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die polisie is op soek na ses verdagtes nadat vyf mense in twee verskillende voorvalle hier in hulle huis doodgeskiet is.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het by ’n huis aangekom op soek na ’n persoon wat hulle slegs die naam van geken het. Volgens Potelwa het die verdagtes daarna ’n vrou doodgeskiet. ’n Ander vrou wat tydens die voorval daar gekuier het, is ook gewond.

Na die insident het die verdagtes na ‘n ander huis gegaan waar hulle nog ’n vrou en drie mans geskiet het. Die motief vir die moorde is onbekend.