VF Plus in Johannesburg vra oudit na uitgelekte Covid-19-verslag

Deel hierdie storie / Share this story

Die VF Plus in die Johannesburg-metroraad het gister (Donderdag, 8 Oktober) in ‘n raadsvergadering aangedui dat die party nie ‘n Covid-19-uitgaweverslag kan goedkeur alvorens daar nie ‘n volledige oudit plaasgevind het en na die Artikel 79-komitees vir oorsig verwys is nie.

Dit is volgens Franco de Lange, VF Plus-raadslid, Johannesburg-metroraad.

Covid-19-toerusting

De Lange se tydens die raadsvergadering het ‘n ‘uitgelekte’ dokument ter sprake gekom wat aandui dat die Johannesburgse metroraad reeds R600 miljoen aan Covid-19-toerusting bestee het. Dit is teenstrydig met die verslag wat aan die raad voorgelê is wat aandui dat tot en met gister slegs R220 miljoen bestee is.

Die VF Plus kan hom nie vereenselwig met die teenstrydige verslae nie en sal dus nie aan raadsvergaderings deelneem alvorens die oudit afgehandel is nie.

R159 miljoen

Tydens die Augustus-vergadering van die metroraad se ekonomiese ontwikkelingskomitee, waar die party as voorsitter dien, is ‘n dokument voorgelê wat aandui dat die stadsraad R159 miljoen aan Covid-19-toerusting bestee het.

Die VF Plus sal druk op die Johannesburgse metroraad plaas om die teenstrydighede, en veral die R380 miljoen verskil tussen die twee verslae, te verduidelik.

Die Covid-19-verslag waarin R600 miljoen vir Covid-19-uitgawes aangeteken is, is ook aan die media bekend.

*mediaverklaring