SENEKAL. – Andre Pienaar (52) die boer wat vir kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld aangekla word, het vanoggend hier in die landdroshof verskyn.
Die polisie het as ’n voorsorgmaatreël in groot getalle voor die hof opgedaag. Die polisielede het met koeëlvaste baadjies, lemmetjiesdraad, aanvalsgewere en selfs nyalas opgedaag.
Selfs die strate in die omgewing van die landdroshof is vir die dag gesluit en die strate is afgesper. Die dorp was glo doodstil. Die EFF het gister op sosiale media gesê hulle sal glo nie vandag ’n optog in die dorp hou nie.






