Nuutste Covid-19-syfers in die NK

Deel hierdie storie / Share this story

Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het die nuutste Covid-19-syfers in die provinsie bekendgemaak.

Daar is nou 18 388 positiewe gevalle, waarvan 15 122 van die virus genees is. Daar is dus 3 036 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie.

Die sterftesyfer staan steeds op 228.