Bronkhorstspruit – Verdagte kry nie borgtog nie

Deel hierdie storie / Share this story

BRONKHORSTSPRUIT. – Mense van oral het vanoggend voor die Bronkhorstspruit-landdroshof bymekaargekom.

Die een verdagte (28) wat in verband met die aanval op Waldi en Cynthia van Zyl op hulle plaas in hegtenis geneem is, het vandag hier verskyn. Die verdagte se borgaansoek is intussen teengestaan en hy sal in hegtenis bly.

In ’n video wat op sosiale media versprei word, kan mens sien hoe die massas mense voor die hof saamdrom. In ’n toespraak wat gelewer word op die video bedank die spreker almal vir hulle teenwoordigheid, asook die polisie vir hulle vreedsame teenwoordigheid en optrede. Waldi is steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal. Sy vrou, Cynthia, is reeds ontslaan, maar is baie getraumatiseer.