Die minister van onderwys het ‘n versoek gerig dat alle leerlinge weer na die skole sal terugkeer.
Manie Verreyne, skoolhoof van Laerskool Eureka, het dus ‘n versoek aan alle ouers gerig dat die leerlinge wat tot dusver by die huis gebly het, nou weer na die skool sal terugkeer.
“As daar egter leerlinge is wat positief vir Covid-19 getoets het of hulle net aan iemand met Covid-19 blootgestel is, moet sodanige leerlinge eers tuis isoleer en nie na die skool terugkeer tot die isolasietydperk verby is nie,” sê hy.



