‘Ons geslag se beurt om op te staan – ons sal self’

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – “Een ding wat ek kan kan sê van ons Suid-Afrikaners is dat ons nooit gaan lê nie. Maak nie saak hoeveel keer ons op die grond gegooi word nie, ons sal opstaan en ons doen dit sélf!”

Só sê Demi-Lee Moore, een van die Suid-Afrikaanse sangers van die liedjie, Ons sal self.

Die liedjie is deur ‘n groep Suid-Afrikaanse sangers vir die bekendstelling van Solidariteit se Werkherstelprogram opgeneem. Die veldtog is vandag bekendgestel met die hutsmerk #onssalself.

Maroela Media berig die liedjie is deur Riaan Benade, Marno van der Merwe en Arnold Coleske geskryf. Charlize Berg, Chris Else, Corlea, Demi Lee Moore, Dewald Wasserfall, Gerhard Steyn, Ivan Roux, Jay, Lianie May, Liezel Pieters, Monique Steyn, Riaan Benadé, Ruhan du Toit, Steve Hofmeyr, Tasha en Touch of Class is almal deel van die veldtog.

Die program fokus op die drie steunpilare waarop Afrikaners se voortbestaan rus: werk, welstand en opleiding, berig Maroela Media.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê dit is ons geslag se verantwoordelikheid om ‘n oplossing te kry.

“Die veldtog is die antwoord op die feit dat ons nie meer op die staat kan staatmaak nie. Enersyds kan dit ‘n mens benoud maak, andersyds maak dit jou vry, want ons sal self.

“Die opstand ná die Anglo-Boereoorlog, die Helpmekaar-beweging ná die 1914-rebellie en die Reddingsdaadbond ná die 1930’s se depressie en armblankevraagstuk was alles reaksies op ‘n krisis. Nou is dit ons geslag se beurt om op te staan.”

Lees die volledige berig op Maroela Media hier.

Klik hier vir die lirieke.