Man wou glo kind (1) van brug gooi

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-LONDEN. – ’n Man (30) is in hegtenis geneem nadat hy glo ’n dogtertjie (1) van die Steve Biko-brug wou afgooi.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, het gesê die man word van poging tot moord en ontvoering aangekla. Hy gaan Woensdag in die Oos-Londense landdroshof verskyn.

Die dogtertjie was na bewering aan haar voete deur die man, glo die dogtertjie se oom, oor die brug se reling gehou. Red Alert Electronic Security sê hulle is deur lede na die toneel ontbied. Paramedici het die dogtertjie op die toneel vir ligte beserings behandel.

Volg Find-it hier.