Blinde vrou vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Die liggaam van Thobeka Goxa, ’n blinde vrou, is hier in haar huis gevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na die huis ontbied nadat die vrou (55) se vriend en haar versorger op haar lyk afgekom het. Goxa het steekwonde aan haar bors gehad.

Naidu berig die versorger het die huis voor die voorval verlaat en die deur gesluit. Die deure was glo oop toe die vriend en die huiswerker op die toneel aankom en Goxa se liggaam ontdek het.

Volg Find-it hier.