‘Vandag was nie chaos nie, dit was om standpunt in te neem’

Deel hierdie storie / Share this story

Verskeie video’s en foto’s oor die optog is heeldag lank op Facebook geplaas. FiND iT gesels met iemand wat die optog bygewoon het.

Vandag het duisende mense by die Senekal-landdroshof bymekaargekom waar die twee verdagtes vir die moord op Brendin Horner (21) verskyn het.

Die skare het buite die landdroshof van vroeg vanoggend af saamgedrom om standpunt in te neem. “Ons is woedend, ons het genoeg gehad en het vandag ’n standpunt ingeneem, genoeg is genoeg. Hoeveel meer onskuldige boere moet nog so wreedaardig aangeval en vermoor word,” sê Kallie Roux wat vandag ook die optog bygewoon het.

Die skare wou die landdroshof binnegaan omdat hulle gedink het dit is waar die verdagtes aangehou word. Volgens Kallie is die boere woedend. Hy sê die groep wil nie meer hê mense moet dink daar word net gepraat en niks gedoen nie.

’n Polisiewa het deurgeloop nadat daar skokgranate in die skare gegooi is in ’n poging deur POP (Public order Police) om ontstoke boere uitmekaar te dryf. Die polisiewa is nie aan die brand gesteek nie, maar het vlam gevat nadat brandstof en olie uit die voertuig wat op sy kant gelê het, begin loop het.

’n Ander bron wat ook by die optog was het aan FiND iT gesê ’n polisiewa het eers deur die hof gery waarna die skare begin het om aan die polisiewa te stoot.