KYK: Selfs trekkers deel van Horner-hofsaak

Deel hierdie storie / Share this story

Honderde boere, ondersteuners en verteenwoordigers is vanoggend by die Senekal-landdroshof waar die twee verdagtes van onderskeidelik 32 en 43 jaar oud vir die moord op Brendin Horner (21) verskyn.

Horner het as voorman by die Bloukruin-boerdery in die Vrystaat gewerk. Sy liggaam is verlede Vrydagoggend aan ’n paal vasgemaak gevind. Daar word vermoed die verdagtes is veediewe wat op daardie dag probeer steel het en toe Horner op hulle afkom, hulle hom doodgemaak het.

Die polisie se onluste-eenheid is ook sedert ongeveer 09:00 vanoggend by die landdroshof.

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1127671804314511/