Zane Killian, die voormalige Griekwaspeler, het vandag vir die tweede keer in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn. Hy word van moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige onderskep van kommunikasie van die Kaapstadse speurder luitenant-kolonel Charl Kinnear aangekla.
Die staat beweer Killian het Kinnear se beweging deur sy selfoon gevolg. Die saak is as gevolg van veiligheidsredes uitgestel tot volgende Vrydag. Die staat is van plan om borgtog teen te staan.
Volg Find-it hier.



