Adam en Pieter Serfontein het vandag weer in die landdroshof in Kimberley verskyn.
Dié pa en seun is van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen aangekla. Die insident het glo op 9 Mei vanjaar plaasgevind.
Die saak is op 25 Augustus uitgestel en is vandag van die rol geskrap weens uitstaande ballistiese verslae.
FiND iT het die Serfonteins gekontak en hulle verkies om in hierdie stadium nie kommentaar te lewer nie.



