Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het die nuutste Covid-19-syfers in die provinsie bekendgemaak.
Daar is nou 17 746 positiewe gevalle, waarvan 14 710 van die virus genees is. Daar is dus 2 813 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie.
Die sterftesyfer staan op 221.



