Zolile Monakali, die LUR van onderwys in die Noord-Kaap, vier vandag saam met die res van die wêreld Onderwysersdag.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap, sê die moeite wat onderwysers doen om die toekomstige leiers in die land te vorm en te onderrig, moet raakgesien word vir wat dit is.
“Onderwysers is die belangrikste komponente en die hart van die onderwyssisteem. Onderwysers is diegene wat dit in hul eie hande neem om leerlinge te lei en ’n spasie te skep vir leerlinge om hulle swakhede en sterkpunte te leer ken. Onderwysers weet hoe belangrik dit is vir ’n kind om te groei.”
Verder het LUR Monakali sy medelye uitgespreek aan die families van tien onderwysers wat in die afgelope 10 maande tydens die Covid-19-pandemie in die Noord-Kaap oorlede is. “Ons gedagtes en gebede gaan uit na die gesinne wat so direk deur die pandemie geraak is. In daardie lig wil ons onderwysers aanspoor om goed op te let na ontsmetting, sosiale distansiëring en regulasies in die klaskamer en op die skoolterrein.



