Juandre Nortje (22) van Pretoria is op TikTok as Suid-Afrika se ‘Dansende Boertjie’ bekend nadat ’n dansvideo soos ’n veldbrand versprei het.
Nortje het ’n video waarin hy en sy vriend, geklee in kraaghemde en kakiebroeke, Afrika-danse uitvoer op die app geplaas. Die video het reeds meer as 660 000 gekyk gekry en Nortje het 115 000 aanhangers op die app. Nortje is ’n professionele danser en model, maar werk tans in die versekeringsbedryf. Hy erken hy is eintlik glad nie ’n boer nie, hy kom nie van ’n plaas af nie.
Die video is geneem op die stel van Jan Jan Jan se ‘Gooi mielies’ se musiekvideo en daarom het Nortje die klere aangehad.
Volg Find-it hier.



