Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 745 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 676 084 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 209 049 toetse vir die virus doen. Daar is 609 854 persone van die virus genees en 16 866 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



