Skole sal volgende jaar op 25 Januarie vir alle leerlinge heropen terwyl die matrikulante vandag presies 34 dae het om vir hulle eindeksamen voor te berei.
Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het vanoggend belangrike datums in die huidige en toekomende skooljaar bekendgemaak.
Verlede jaar se matrieks wat hereksamens skryf, sal dit saam met vanjaar se NSS-eksamens skryf. Moktshekga sê die skoolkalender is so aangepas om die ontwrigtings wat in 2020 plaasgevind het, in ag te neem.
Die volledige skoolkalender sal Vrydag in die staatskoerant gepubliseer word.



