Die polisie ondersoek tans die oorsaak van die brand wat gister by die Gasegonyana-munisipaliteitsgebou uitgebreek het.
Willie Aucamp, ‘n lid van die parlement en die kiesafdelingshoof van die Kalahari-streek, sê daar is aan hom bevestig dat terwyl die brandweer en die buurtwag besig was om die brand in die ouer gedeelte van die gebou te blus, daar persone aan die ander kant van die gebou gesien is. Die persone het probeer om die ander gedeelte van die gebou ook aan die brand te steek.

“Martin Tsatsimpe, munisipale bestuurder, het gesê dis vir seker brandstigting wat die brand veroorsaak het. Die polisie ondersoek egter die saak en sal beeldmateriaal van die sekuriteitskameras gebruik om vas te stel wat plaasgevind het,” sê Aucamp.



