Oktober is die maand vir die bewusmaking van borskanker – ‘n jaarlikse veldtog om die bewustheid oor die siekte te verhoog.
Elk een uit ag vroue
Verskeie vroue vrees die diagnose want die pad voorentoe lyk in daardie stadium duister. Elk een uit ag vroue kry borskanker, maar dokters weet nie hoekom party die gevreesde siekte kry en ander nie.
Volwasse vroue van alle ouderdomme word aangemoedig om ten minste een keer per maand bors-selfondersoeke uit te voer.
Voel vir ‘n knop
Dit bestaan slegs uit drie stappe:
- In die stort – Druk met jou drie middelvingers liggies, maar ferm oor jou hele bors-area. Voel vir ‘n knop, verdikking of enige ander borsveranderings.
- Voor die spieël – Bekyk jou borste met jou arms langs jou sye. Lig dan jou arms kophoogte. Kyk na veranderinge in die kontoer, swelling of verdikking van die vel of veranderinge in die tepels. Rus jou handpalms op jou heupe en druk dit vas om jou borsspiere te aktiveer. Hou ingedagte die voorkoms van jou linker- en regterbors sal nie presies ooreenstem nie.
- Lê plat – Plaas ‘n kussing onder jou regterskouer en jou regterarm agter jou kop. Beweeg die punte van jou vingers oor jou hele bors-area en onderarm. Druk jou tepels met ligte, maar ferm drukbewegings en kyk vir enige afskeiding of knoppe. Herhaal met jou ander bors.
Volg Find-it hier.



