Die stadsaal op Kuruman het vandag om omstreeks 17:00 aan die brand geslaan en is steeds aan die brand.
Willie Aucamp, ‘n lid van die parlement en die kiesafdelingshoof van die Kalaharistreek, sê daar is nog nie sekerheid oor wat die brand veroorsaak het nie. Hy sê daar is wel gerugte dat daar mense was wat probeer het om die brand te begin.
“Kuruman se buurtwag het die stadsraad vandag met brandblussers bygestaan. Hulle is tans steeds besig om die brand te probeer blus.”
Hou FiND iT dop vir meer inligting.



