PORT ELIZABETH. – Sharon Jessop (50) gaan probeer om vir 101 dae elke dag 22 km vir die bewusmaking van renosterbewaring te draf.
Indien die haar poging suksesvol is, sal Jessop ’n Guinness-wêreldrekord vir die vrou wat die meeste halfmarathons na mekaar gedoen het, hou. Die rekord staan dans op 50 agtereenvolgende dae. Sy het uitgevind iemand het die rekord tot 75 dae verbeter en werk gevolglik daaraan om dit na 100+ dae te verbeter.
Sy gaan op 31 Desember haar laaste wedloop aanpak. Vir haar gaan dit nie oor die rekord wat sy wil breek nie, maar die bewusmaking.
Volg Find-it hier.



