DURBAN. – Die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling ondersoek ’n saak na ’n man na ’n bewering ’n 17 maande oue kind met kookwater gegooi het.
Met derdegraadse brandwonde
Nonhlanhla Khozam, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, sê die ma het ’n argument met die baba se oom gehad waarna hy glo die baba met kookwater gegooi het. Khozam beweer die familie het die ongeluk probeer wegsteek. ’n Foto van die kind met derdegraadse brandwonde is op sosiale media geplaas.
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval is nie by die naaste polisiekantoor, Wartburg SAPD, aangemeld nie, maar die SAPD sal die hospitaal vir meer inligting kontak.
Volg Find-it hier.



