Vroue van Kayan Lahwi in Noord-Thailand is bekend vir die koperringe wat om hulle nekke gedra word.
Meeste Kayan-vroue dra hierdie koperringe vandat hulle vyf jaar oud is en dit kom voor asof die ringe die vroue se nekke tot ondenkbare lengtes strek.

Alhoewel sommige vroue in die laaste dekade probeer het om van hierdie tradisie af weg te breek, dra baie vroue dit vandag steeds. Hierdie vroue reken dat om die ringe te dra, hulle eie keuse is en dat dit die manier is waarop hulle die Kayan-tradisie aan die gang hou.
Die redes vir die verlenging van die Kayan-vroue se nekke is moontlik vir seksuele aantreklikheid en omdat die vroue die lang nekke van drake wil namaak. Daar word ook geglo die lang nekke sal die “kameelperdvroue” minder aantreklik vir vyande maak en sodoende verhoed hulle dat hulle as slawe verkoop sal word.



